Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 71:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Here, by U soek ek beskerming;laat my nooit beskaamd staan nie.

2. Red my en verlos my,want by U is regverdigheid.Luister na myen maak my vry.

3. Wees vir my ’n rots en ’n toevlug,’n plek waarheen ek altyd kan vlug.U het reeds my redding bepaal,want U is my rots en my vesting.

4. My God, red myuit die mag van goddeloses,uit die kloue van mensewat wreed en onregverdig is,

5. want U, Here, is my hoop.Here,van kleins af het ek op U vertrou.

6. U is my hulp vanaf geboorte;reeds voor geboortehet U vir my gesorg.Dis waarom ek U gedurig prys.

7. Ek is ’n wonder vir baie,want U is my sterke toevlug.

8. Ek hou aan om U te prys;die hele dag sing ekoor u heerlikheid.

9. Moenie my eenkant toe stootnoudat ek oud geword het nie.Moenie my verlaatwanneer my kragte afneem nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 71