Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here my God, ek soek u beskerming.Red my van al my vervolgers, red my!

3. Anders sal hulle my toetakelsoos ’n leeu,my in stukke skeur sonder dat iemand my red.

4. Here my God, as ek iets verkeerds gedoen het,as ek skuldig is aan onreg,

5. as ek ’n vriend van my verraai het,my vyand sonder rede beroof het,

6. laat my vyande my agtervolg en vang,my in die grond in vertrap,my eer tot in die stof verneder. Sela

7. Staan op, Here, in u toorn!Tree op teen my vyande se woede!Kom tot aksie, my God!Laat u geregtigheid seëvier!

8. Laat die nasies om U versamel.Sit op u troon, ver bo hulle verhewe.

9. Here, U wat regspreek oor die volke,oordeel my, Here,volgens my regverdigheiden in die lig van my onskuld.

10. Regverdige Godwat gedagtes en gevoelens deursoek,maak ’n eindeaan die boosheid van die goddelose,maar ondersteun die regverdiges.

11. God is my skild,Hy wat opregtes van hart verlos.

12. God is ’n regverdige regter;God oordeel bose mense daagliks.

Lees volledige hoofstuk Psalms 7