Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 7:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. As iemand nie berou het nie,maak Hy sy swaard skerp.Hy span sy boog en hou dit gereed.

14. Hy het dodelike wapens voorbereien sy vurige pyle is gereed.

15. Hy wat swanger is van sonde,wat verwagtend is van onheil,gee geboorte aan leuens.

16. Hy grawe ’n gat om ander te vang,maar val dan self daarin.

17. Sy boosheid tref homself,sy geweld kom neer op sy eie kop.

18. Ek wil die Here dankomdat Hy regverdig is.Die Naam van die allerhoogste Herewil ek besing.

Lees volledige hoofstuk Psalms 7