Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 69:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Red my, o God!Die vloedwatersis reeds tot by my keel.

3. Dieper en dieper sink ek in modder,met geen plek om te staan nie.In diep waters het ek beland,en die stroom oorweldig my.

4. Ek is uitgeput van roep om hulp.My keel is hees en my oë dof,terwyl ek wag dat God my help.

5. Hulle wat my haat sonder oorsaakis meer as die hare op my kop.Talryk is hulle wat my wil vernietig,en dit sonder oorsaak.My vyande is leuenaarswat eis dat ek teruggeedit wat ek nie gesteel het nie.

6. O God, U weethoe dwaas ek is;ek kan my skuldnie vir U wegsteek nie.

7. Moenie dat hulle wat op U vertrou,deur my beskaam word nie,oppermagtige Here, die Almagtige.Moenie dat hulle wat U diendeur my verneder word nie,o God van Israel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 69