Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Maar die vromes sal verheug wees,hulle sal bly wees voor God,hulle sal jubel van vreugde.

5. Sing tot God, lofsing sy Naam!Huldig Hom wat ry op die wolke.Sy Naam is Here – jubel voor Hom!

6. ’n Vader vir wese, ’n beskermer van weduwees;dít is God in sy heilige woning.

7. God gee aan die eensame ’n tuiste;dié wat gevange is, lei Hy na vryheid,maar opstandelinge woonin ’n verlate woestyn.

8. O God, toe U u volk uitgelei het,toe U deur die woestyn getrek het, Sela

9. het die aarde gebeween die hemele het laat reënvoor U, die God van Sinai,voor God, die God van Israel.

10. O God,U het oorvloedige reëns gestuurom u uitgedorde erfdeel te verkwik.

11. Daar het u volk hulle gaan vestig.In u goedheid het U, o God,ook vir die armes voorsien.

12. Die Here het bekendgemaak:“’n Menigte vroue bring die goeie nuus.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68