Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:29-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Toon u mag, o God.Toon u krag, o God,soos U dit voorheen vir ons gedoen het.

30. Ter wille van u tempel in Jerusalemsal konings vir U geskenke bring.

31. Bestraf vir Egipte,die ondier tussen die riete,wat soos troppe bulle tussen kalwersander vertrap ter wille van geld.Verstrooi die nasieswat hulle verheug in oorlog.

32. Uit Egipte kom kosbare geskenke;met uitgestrekte hande bid Kus tot God.

33. Koninkryke van die aarde,sing tot eer van God.Sing lofsange tot eer van die Here, Sela

34. sing tot eer van Homwat deur die oeroue hemel ryterwyl sy magtige stem weerklink.

35. Verkondig God se mag,sy majesteit oor Israel,sy mag oor die wolke.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68