Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:23-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Die Here sê:“Ek sal my vyande bringuit Basan;Ek sal hulle bringuit die dieptes van die see.

24. Julle sal hulle bloedvan julle voete afwas,en die bloed van julle vyandesal julle honde oplek!”

25. U feesoptog is in sig, o God,die optog van my God en Koningis op padna sy heiligdom.

26. Vooraan is die sangers,agter hulle, die musikante.Saam met hulle is jong meisies wat op tamboeryne speel.

27. Prys God in die vergaderings;prys die Here, die bron van Israel.

28. Kyk, Benjamin, die jongste,is die aanvoerder.Dan volg die baie heersers van Judaen die heersers van Sebulonen Naftali.

29. Toon u mag, o God.Toon u krag, o God,soos U dit voorheen vir ons gedoen het.

30. Ter wille van u tempel in Jerusalemsal konings vir U geskenke bring.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68