Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 68:22-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Immers, God self verpletterdie koppe van sy vyande,die koppe van hullewat in sonde volhard.

23. Die Here sê:“Ek sal my vyande bringuit Basan;Ek sal hulle bringuit die dieptes van die see.

24. Julle sal hulle bloedvan julle voete afwas,en die bloed van julle vyandesal julle honde oplek!”

25. U feesoptog is in sig, o God,die optog van my God en Koningis op padna sy heiligdom.

26. Vooraan is die sangers,agter hulle, die musikante.Saam met hulle is jong meisies wat op tamboeryne speel.

27. Prys God in die vergaderings;prys die Here, die bron van Israel.

28. Kyk, Benjamin, die jongste,is die aanvoerder.Dan volg die baie heersers van Judaen die heersers van Sebulonen Naftali.

29. Toon u mag, o God.Toon u krag, o God,soos U dit voorheen vir ons gedoen het.

30. Ter wille van u tempel in Jerusalemsal konings vir U geskenke bring.

31. Bestraf vir Egipte,die ondier tussen die riete,wat soos troppe bulle tussen kalwersander vertrap ter wille van geld.Verstrooi die nasieswat hulle verheug in oorlog.

32. Uit Egipte kom kosbare geskenke;met uitgestrekte hande bid Kus tot God.

33. Koninkryke van die aarde,sing tot eer van God.Sing lofsange tot eer van die Here, Sela

34. sing tot eer van Homwat deur die oeroue hemel ryterwyl sy magtige stem weerklink.

35. Verkondig God se mag,sy majesteit oor Israel,sy mag oor die wolke.

36. God wek ontsag in sy heiligdom.Hy is die God van Israel.Vir sy volk gee Hy mag en sterkte.Laat God verheerlik word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 68