Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 66:9-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Ons lewe, dié hou Hy in stand,ons voete laat Hy nie struikel nie.

10. U het ons beproef, o God,soos silwer ons gesuiwer.

11. U het ons met ’n net gevang,’n sware las op ons geplaas.

12. U het mense oor ons laat ry,ons deur vuur en vloed laat gaan,en tog gebring waar daar oorvloed is.

13. Met brandofferskom ek na u tempel;geloftes aan U wil ek betaal,

14. geloftes met eie lippe en mond gesêtoe ek diep in moeilikheid was.

15. As brandoffer bring ekdie vetste van my vee,as wierook die beste van my ramme.Ook bulle en skape sal ek offer. Sela

16. Kom en luister, dienaars van God,ek sal vertel wat Hyvir my gedoen het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 66