Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 64:2-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. O God, luister tog na my klag.Beskerm my teen die dreigingvan my vyande.

3. Beskut my teen samesweringsvan kwaadwillige mense,teen die kwaadstokeryvan hulle wat onreg doen.

4. Hulle wat hulle tongskerp maak soos swaarde,soos pylemet bitter woorde skiet,

5. om uit hinderlaeop die onskuldige te skiet,om onverwags op hom te skiet sonder om bang te wees.

6. Hulle spoor mekaar aan tot bose dade;in die geheim beplan hulle lokvalle.Hulle vra: “Wie sal dit ooit raaksien?”

7. Hulle beplan misdaad, en sê:“Ons het ’n volmaakte plan!”Die mens se gedagtes en bedoelingsis inderdaad baie duister.

8. Maar God tref hulle met ’n pyl,en skielik is hulle gewond.

9. Hulle eie woorde laat hulle struikel.Elkeen wat dit sien, skud die kop.

10. Dan sal almal, vervul met ontsag,getuig oor die dade van Goden iets van sy werke verstaan.

11. Die regverdiges sal bly weesin die Here,en skuiling soek by Hom.Al die opregtes van hart sal Hom prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 64