Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 63:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. O God, U is my God,ek soek na U,ek smag na U;my hele liggaam verlang na Usoos ’n dor land sonder water.

3. Ek het U inderdaadin die heiligdom gesienen u krag en heerlikheid aanskou.

4. U troue liefde is beter as die lewe;daarom prys ek U!

5. Daarom wil ek U prys so lank as wat ek lewe,en in u Naam my hande ophef.

6. U versadig mymeer as die rykste kos.Met vreugdeliedere sal ek U loof.

7. As ek op my bed lê en aan U dink,oor U nadink in die nag,

8. onthou ek hoe U my gehelp het.Dan wil ek singin die skaduwee van u vleuels.

9. Ek is aan U verbind,u regterhand hou my staande.

Lees volledige hoofstuk Psalms 63