Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 63:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. O God, U is my God,ek soek na U,ek smag na U;my hele liggaam verlang na Usoos ’n dor land sonder water.

3. Ek het U inderdaadin die heiligdom gesienen u krag en heerlikheid aanskou.

4. U troue liefde is beter as die lewe;daarom prys ek U!

5. Daarom wil ek U prys so lank as wat ek lewe,en in u Naam my hande ophef.

6. U versadig mymeer as die rykste kos.Met vreugdeliedere sal ek U loof.

7. As ek op my bed lê en aan U dink,oor U nadink in die nag,

8. onthou ek hoe U my gehelp het.Dan wil ek singin die skaduwee van u vleuels.

9. Ek is aan U verbind,u regterhand hou my staande.

10. Mag hulle wat my lewe soek,omkom en in die dieptes van die aarde wegsink.

11. Mag hulle oorgegee wordaan die swaarden kos wordvir die jakkalse.

12. Maar die koning sal bly wees in God.Almal wat op God vertrou,sal Hom prys,terwyl leuenaars stilgemaak sal word.

Lees volledige hoofstuk Psalms 63