Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 6:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Wees my genadig, Here,want ek is swak.Maak my gesond, Here,want my liggaam is vol pyne.

4. My hele wese is angsbevange.Hoe lank nog, Here?

5. Kom terug, Here, en red my.Genees my op grond van u liefde.

6. Want wie onthou U in die graf?Wie kan U loof in die doderyk?

7. Ek is vermoeid van verdriet.Snags is my bed deurweek,is my kussing nat van trane.

8. My oë is dof van droefheid,dis verswak weens al my vyande.

9. Gaan weg, al julle kwaaddoeners,want die Herehet na my hulpgeroep geluister.

10. Die Herehet my pleidooi gehoor;die Heresal my gebed beantwoord.

11. Al my vyande sal beskaamden baie verslae wees;in ’n oogwink sal hulle beskaamd weesen omdraai.

Lees volledige hoofstuk Psalms 6