Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59:9-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Maar, Here, U lag vir hulle.U spot met al die nasies.

10. My sterkte, op U wag ek,want U, o God, is my skuilplek.

11. My troue God sal my tegemoetkom.God sal my laat neersien op my vyande.

12. Moenie hulle dadelik doodmaak nie,want my volk vergeet so gou;laat hulle steier deur u krag,en bring hulle tot ’n val,Here, ons skild.

13. Weens die sonde uit hulle mond,weens die woorde van hulle lippe,laat hulle gevang worddeur hulle hoogmoed,weens hulle vervloekingsen hulle leuens.

14. Vernietig hulle in u toorn!Wis hulle geheel en al uit!Dan sal hulle weetdat God in Jakob regeeren tot by die einde van die aarde. Sela

15. Hulle kom terug in die nag,hulle grom soos hondewat in die stad ronddwaal.

16. Hulle aas rond op soek na kos,maar kry nie genoeg nie,dan tjank hulle.

17. Maar ek sal sing van u magen in die oggend jubel oor u trou.Want U was my toevlug,’n veilige skuiling in tye van nood.

18. Ek sing lofliedere vir U, my Sterkte,want God is my skuilplek,U is my troue God.

Lees volledige hoofstuk Psalms 59