Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 58:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Julle wat regeer, is julle uitspraak regtig regverdig?Is julle beslissings oor mense billik?

3. Nee! In julle gedagtesbeplan julle reeds boosheid,met julle eie hande versprei julle geweld in die land.

4. Bose mense is so vanaf geboorte;van kleintyd af praat hulle leuens.

5. Hulle gif is soos die gif van slange;hulle is soos ’n adder wat doof is

6. en nie luisterna die slangbesweerder nie,hoe bedrewe die besweerderook al is.

7. God, slaan hulle tande stukkendin hulle mond.Here, breek die slagtandevan hierdie leeus.

8. Laat hulle verdwyn soos water wat wegsypel.Laat hulle vertrap wordsoos droë gras,

9. soos ’n misgeboorte wat wegsmelt,soos ’n doodgeborenewat nie die son sien nie.

10. Vinniger as wat ’n pot warm wordoor ’n doringvuursal God hulle wegvee,sowel jonk as oud.

11. Die getroue sal bly wees by aanskoue van die vergelding.Die bloed van die goddeloses sal hy afwas van sy voete.

12. Dan sal almal sê:“Daar is regtig beloningvir dié wat toegewyd lewe;daar is beslis ’n Godwat regverdig oordeel op aarde.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 58