Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 57:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Ek roep tot God die Allerhoogste,tot God wat gereed is om te help.

4. Uit die hemel antwoord Hy en red my;hulle wat my wil vernietig,sal Hy verneder. SelaGod sal sy trou en waarheid stuur.

5. Ek is omring deur leeus,tussen bloeddorstige mensewat my wil verskeur.Hulle tandeis soos spiese en pyle,hulle tonge so skerp soos swaarde.

6. O God, mag U geprys wordver bokant die hemele,en u heerlikheid besing wordoor die hele aarde.

7. Hulle het vir my voete’n lokval gestel.Ek voel terneergedruk.Hulle het ’n gat voor my gegrawe,maar het self daarin geval. Sela

8. Ek vertrou geheel en al op U.Op U, o God, vertrou ek onwrikbaar.Ek wil lofliedere sing.

9. “Word vroeg wakker!” sê ek.“Harp en lier, word wakker!”Ek wil die dagbreek wakker maak!

10. Voor die volke wil ek U prys, Here,tussen die nasies wil ek u lof besing.

11. Want u trou is hoër as die hemele,u waarheidreik tot in die wolke.

Lees volledige hoofstuk Psalms 57