Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 56:6-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die hele dag verdraai hulle wat ek sê;hulle bose gedagtes is teen my gerig.

7. Hulle span saam en hou my dop,en beloer my tree vir tree,gretig om my dood te maak.

8. In die lig van hulle sondes,kan hulle enigsins ontsnap?O God, bring hulle tot ’n val in u toorn.

9. U het my ellende raakgesien.U het my trane opgevang.U het dit opgeskryf in u boek.

10. Die dag dat ek na U roep om hulp,val my vyande terug.Dat God aan my kant is,weet ek beslis.

11. In God, wie se woord ek prys,in die Here, wie se woord ek prys,

12. in God stel ek my vertroue.Daarom sal ek nie bang wees nie!Wat kan ’n gewone mens aan my doen?

13. My geloftes aan Usal ek nakom, o God,aan U sal ek dankoffers bring.

14. Want U het my van die dood gered.U het my voetevan struikeling bewaarsodat ek saam met God kan loopen kan lewe in sy lig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 56