Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:2-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Luister na my gebed, o God.Moenie my smeekbede ignoreer nie!

3. Luister, asseblief, en antwoord my,want my moeilikhede gee my nie rus nie.Ek is ontsteld

4. oor die dreiging van my vyande,oor die druk van die goddeloses.Hulle bring ellende oor my,en kweek vyandskap in hulle toorn.

5. My hart pyn binne-in my.Die angs van die dood kom oor my.

6. Vrees en bewing oorweldig my.Ek kan nie ophou bewe nie.

7. Ek het gesê:“As ek maar vlerke het soos ’n duif,dan sal ek wegvlieg en rus hê!”

8. Ek sou ver weg vlieg,ek sou in die woestyngaan woon. Sela

9. Ek sou my haas om te ontvlugvan hierdie stormwind en onweer.

10. Verslind hulle, Here,en verwar hulle spraak,want ek sien geweld en strydin die stad.

11. Dag en nag loop hulle rondomop die mure,maar die boosheid en onheilis in die stad!

12. Verwoestingis aan die orde van die dag,verdrukking en bedrogheers in die strate.

13. Dis nie ’n vyand wat my spot nie – dit sou ek kon verdra.Dis nie my vyand wat teen my grootpraat nie –ek sou vir hom kon wegkruip.

14. Maar nou is dit jy, ’n man soos ek,my goeie vriend en my metgesel.

15. Watter goeie kameraadskaphet ons geniet!Ons het saam gegaanna die huis van Godte midde van ’n skare mense!

16. Laat die dood hulle oorval.Laat die doderykhulle lewendig verslind,want boosheid heersin hulle huise en harte.

17. Maar ek roep tot God,en die Here sal my verlos.

18. Saans, soggens en smiddaepleit ek en kla ek,en Hy hoor my stem.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55