Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 55:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Verwoestingis aan die orde van die dag,verdrukking en bedrogheers in die strate.

13. Dis nie ’n vyand wat my spot nie – dit sou ek kon verdra.Dis nie my vyand wat teen my grootpraat nie –ek sou vir hom kon wegkruip.

14. Maar nou is dit jy, ’n man soos ek,my goeie vriend en my metgesel.

15. Watter goeie kameraadskaphet ons geniet!Ons het saam gegaanna die huis van Godte midde van ’n skare mense!

16. Laat die dood hulle oorval.Laat die doderykhulle lewendig verslind,want boosheid heersin hulle huise en harte.

17. Maar ek roep tot God,en die Here sal my verlos.

18. Saans, soggens en smiddaepleit ek en kla ek,en Hy hoor my stem.

19. Hy red my lewe en bring my veiliguit die stryd wat teen my woed,want baie is vyandig teenoor my.

20. God sal hoor en hulle verneder,Hy wat van altyd af regeer. SelaWant hulle bekeer hulle nieen dien God nie.

21. My metgeselhet teen sy vriende gedraai;hy het sy ooreenkoms verbreek.

22. Sy woorde is so glad soos botter,maar sy hart vol oorlog.Sy woorde is strelend soos olie,maar dis soos ’n ontblote swaard!

23. Gee jou kommer oor aan die Here.Hy sal vir jou sorg.Hy sal gelowiges nie teleurstel nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 55