Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 54:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. O God, red my deur die mag van u Naam!Laat aan my reg geskied deur u krag.

4. O God, luister na my gebed.Gee aandag aan my smeking.

5. Want vreemdelinge val my aan;geweldenaars soek my lewe.Hulle steur hulle nie aan God nie. Sela

6. Maar God is my Helper.Die Here ondersteun my!

7. Laat my vyande se onheilsplanne teen hulle draai.Maak tog ’n einde aan hulle,want U is getrou.

8. Ek sal ’n vrywillige dankofferaan U bring.Ek sal u Naam loof, Here,want dit is goed.

9. Uit al my benoudheidhet U my bevry.Die triomf oor my vyandekon ek self sien.

Lees volledige hoofstuk Psalms 54