Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:5-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Want ek ken my oortredingsen my sonde is gedurig voor my.

6. Teen U, U alleen, het ek gesondig;ek het gedoen wat vir U verkeerd is.Daarom is u uitspraak regen u oordeel regverdig.

7. Want ek is as sondaar gebore,en was dit toe my maswanger geword het.

8. Maar U verwag waarheid in die hart.U leer my om wysheid te besit.

9. Neem weg my sonde met hisopsodat ek skoon kan wees,was mydat ek witter as sneeu kan wees.

10. Gee my tog weerblydskap en vreugde;U het my stukkend gebreek,laat my weer vol vreugde wees.

11. Moenie let op my sondes nie,en wis al my oortredings uit.

12. Skep vir my ’n rein hart, o God.Gee my ’n nuwe, standvastige gees.

13. Moenie my verbanwég van u teenwoordigheid nie,en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.

14. Gee my tog weer die vreugdevan u reddingen maak my gewillig om U te gehoorsaam.

15. Dan sal ek oortreders u weë leer,sodat sondaarshulle tot U sal bekeer.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51