Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:13-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Moenie my verbanwég van u teenwoordigheid nie,en moenie u Heilige Gees van my af wegneem nie.

14. Gee my tog weer die vreugdevan u reddingen maak my gewillig om U te gehoorsaam.

15. Dan sal ek oortreders u weë leer,sodat sondaarshulle tot U sal bekeer.

16. Verlos my van bloedvergieting,God, my Redder-God.Dan sal ek voluit sing van u regverdigheid.

17. Help my om te praat, Here,sodat ek u lof kan verkondig.

18. U verlang nie offers nie,anders sou ek dit bring.Selfs brandoffers wil U nie hê nie.

19. Die offer wat U wil hê, o God,is ’n gebroke gees.’n Gebroke en berouvolle hartsal U nie verwerp nie, o God.

20. Wees genadig oor Sion,volgens u goedheid;herbou tog die mure van Jerusalem.

21. Dan sal die voorgeskrewe offers vir U aanneemlik wees,brandoffers, ja, offers wat heeltemal verbrand word.Dan sal hulle weer bulleop u altaar offer.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51