Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:2-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Vanuit Sion, in volmaakte prag,skyn God in heerlikheid.

3. Ons God kom nader,maar nie in stilte nie:Voor Hom verteer ’n vuuren rondom Hom woed ’n storm.

4. Hy roep die hemel en die aarde om sy getuies te weeswanneer Hy regspreek oor sy volk:

5. “Versamel diéwat getrou is aan My,en met offers’n verbond met My sluit.”

6. Die hemelemaak sy regverdigheid bekend,want God self is die regter. Sela

7. “My volk, luister as Ek praat,Ek sal teen jou getuig, Israel.Ek is God, jou God!

8. Dis nie weens jou offers dat Ek jou berispe,of oor jou brandoffers wat gedurig voor My is nie.

9. Ek soek geen bul uit jou stal,of bokke uit jou kraal nie.

10. Want al die diere van die bosis Myne,ook die wild op duisende berge.

11. Ek ken elke voël op die berge;al wat roer in die veld is Myne.

12. Sou Ek honger wees,sal Ek jou dit nie sê nie,want aan My behoort die aardeen alles daarop.

13. Eet Ek dalk die vleis van bulle,of drink Ek die bloed van bokke?

14. Offer dankoffers aan God,en betaal jou geloftesaan Hom die Allerhoogste.

15. Roep na My in die dag van nood.Ek sal jou verlosen jy sal My eer.”

16. Maar vir die goddelosesê God:“Hoe durf jy my bepalings voorhouen jou op my verbond beroep?

Lees volledige hoofstuk Psalms 50