Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 50:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Sou Ek honger wees,sal Ek jou dit nie sê nie,want aan My behoort die aardeen alles daarop.

13. Eet Ek dalk die vleis van bulle,of drink Ek die bloed van bokke?

14. Offer dankoffers aan God,en betaal jou geloftesaan Hom die Allerhoogste.

15. Roep na My in die dag van nood.Ek sal jou verlosen jy sal My eer.”

16. Maar vir die goddelosesê God:“Hoe durf jy my bepalings voorhouen jou op my verbond beroep?

17. Want jy verwerp my vermaningsen verontagsaam my opdragte.

18. Wanneer jy ’n dief sien,maak jy soos hy;en met egbrekersvereenselwig jy jou.

19. Jou mond verkondig kwaad,en jou tong praat bedrog.

20. Jy sit en beswadder jou broer,en praattot nadeel van jou eie broer.

21. Dit alles het jy gedoen,maar Ek het stilgebly,en jy het gedinkEk het soos jy geword.Maar nou eis Ek rekenskap van jouen sal jou openlik beskuldig.

22. Luister hierna, julle wat My misken,anders sal Ek julle uitmekaarskeursonder dat iemand julle verlos.

23. Hy wat ’n dankoffer bring, eer My.Aan hom wat my pad volg,sal Ek my verlossing bekendmaak.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 50