Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 5:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. O Here,luister tog na my gebed;gee aandag aan my versugting.

3. Luister tog na my geroep om hulp,my Koning en my God,want dis tot U dat ek bid.

4. Here,in die oggendsal U my stem hoor.Soggens bring ek my versoekevol verwagting na U toe.

5. O God, U verdra geen boosheid nie;en sonde vind by U geen tuiste nie.

6. Verwaandes kan nie voor U kom nie;U haat almal wat kwaad bewerk.

7. U vernietig hulle wat leuens vertel.Die Here verafskumoordenaars en bedrieërs.

8. Maar ek kan u huis binnegaanop grond van u troue liefde;in u heilige tempelsal ek met ontsag aanbid.

9. Leer my tog wat reg is, Here,vanweë my vyande,en u pad, maak dit voor my reguit.

10. Hulle praat niedie waarheid nie,en begeer ander se vernietiging.Hulle keel is ’n ope graf,hulle tong is pure vleiery.

11. O God, verklaar hulle skuldig.Laat hulle gevang worddeur hulle eie planne.Jaag hulle weg oor hulle baie sondes,want hulle is opstandig teen U.

12. Laat almal wat by U skuil, bly wees,laat hulle altyd juig.Beskerm dié wat u Naam liefhetsodat hulle oor U kan jubel.

13. Want U seën die vromes, Here,u genade beskerm hulle soos ’n skild.

Lees volledige hoofstuk Psalms 5