Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:6-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Waarom sal ek bang weesin tye van nood,wanneer bose bedrieërs my omsingel,

7. hulle wat vertrou op hulle welvaart,wat spog met hulle rykdom?

8. Geen mens kan enigsins ’n ander loskoopdeur ’n losprys aan God te gee nie.

9. Die redding van ’n mensis te duur.Niemand kan ooit genoeg betaal

10. sodat hy vir altyd sal leween die dood nie sal sien nie.

11. Almal kan sien: Wyse mense sterf,ook die dwaas en die stommerik,en laat hulle rykdom agter vir ander.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49