Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 49:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Dit is die lot van dwase mense,en dié wat hulle woorde beaam. Sela

15. Soos skapeis hulle vir die doderyk bestem,daar waar die doodhulle herder sal wees.Die opregtes sal oor hulle seëvierwanneer die dag aanbreek;hulle sal verrot in die grafwat vir hulle ’n tuiste sal wees.

16. Maar God sal my verseker loskoopuit die mag van die doderyken my saam met Hom neem. Sela

17. Moenie ontsteld word as die goddelose ryk worden sy woning nog mooier maak nie.

18. Hy kan niks met hom saamneemwanneer hy sterf nie;sy besittings sal hom nie volg nie.

19. Hoewel hy voorspoedig kan wees,en hulle hom toejuig oor sy sukses,

20. sal hy sterf soos sy voorouers voor homwat nie weer die daglig sal sien nie.

21. Die mens met rykdom sonder insigis net soos diere wat vergaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 49