Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Al julle volke, klap julle hande!Juig voor God met groot gejubel!

3. Want ontsagwekkend is die Here,die Allerhoogste,die groot Koning wat heersoor die hele aarde.

4. Hy onderwerp volke aan ons,maak mense onderhorigaan ons.

5. Hy het vir ons ’n erfdeel gekies,die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela

6. God gaan op met groot gejuig,die Here gaan opterwyl die ramshorings blaas.

7. Prys God, prys Hom;prys ons Koning, prys Hom!

8. Want God regeer oor die hele aarde.Sing vir Hom ’n pryslied!

9. God regeer oor die nasies,God sit op sy heilige troon.

10. Die heersers van die volkevergader saam met die volkvan die God van Abraham.Die konings van die aardebehoort aan God.Hy is hoog verhewe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 47