Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 46:3-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Daarom sal ons nie bang wees nie,al bewe die aarde,al verskuif die berge diep in die see;

4. al bruis en skuim die waters,al skud die berge as die waters styg! Sela

5. Die strome van die rivierbring vreugde in die Godstad,in die heilige woningvan die Allerhoogste.

6. God self woon daar;dit sal nie beweeg nie.As die dag breek, sal God kom help.

7. Die nasies rumoeren koninkryke wankel.God praat, en die aarde versmelt.

8. Die Here, die Almagtige, is by ons;ons skuilplek is die God van Jakob. Sela

9. Kom, aanskou die werke van die Here,wat verwoesting bring op die aarde

10. en oorloë beëindig oor die hele aarde.Hy verbreek die boog en vernietig die spies.Die skilde verbrand Hy met vuur.

11. “Wees stil en weet Ek is God!Ek sal vereer word deur die nasies,verhewe wees oor die hele aarde.”

12. Die Here, die Almagtige, is by ons.Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 46