Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 44:14-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. U het ons ’n veragting gemaakby die bure,’n bespotting en beskimping vir almal om ons.

15. U het ons ’n spotnaamonder die nasies gemaak,almal skud maar net die kop daaroor.

16. My skande is dag na dag voor my;oor my gesig is skaamte geskryf.

17. Al wat ek hoor,is die lasteraar en die kwaadspreker.Al wat ek sien,is die vyand en die wreker.

18. Dit het gebeur hoewel ons U nie vergeet het nie,en nie aan u verbond ontrou was nie.

19. Ons het U nie verlaat nie,en nie van u paaie afgedwaal nie.

20. Maar in die woestynhet U ons verpletter;donkerte en doodhet U oor ons gebring.

21. As ons opgehou hetom ons God te dienof by vreemde godehulp gaan vra het,

22. sou God dit nie weet nie?Hy ken immersdie geheime van die hart.

23. Om u ontwilword ons elke dag doodgemaak,word ons behandelsoos skape wat geslag moet word.

24. Word wakker!Waarom slaap U, Here?Staan op!Moenie ons vir altyd verstoot nie!

25. Hoekom kyk U anderpad?Hoekom kyk U verbyons ellende en verdrukking?

26. Ons lê verneder in die stof,met die gesig in die grond.

Lees volledige hoofstuk Psalms 44