Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 42:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Tog sal die Here bedagsweer sy trou betoon.Selfs in die donker nag sing ek sy lied,’n gebed tot die God van my lewe.

10. Ek sal roep tot God en sê:“My Rots,waarom het U my vergeet?Waarom moet ek met rouklere loopomdat die vyand my verdruk?”

11. Dis soos ’n diep wond in my binnestewanneer vyande met my spot,wanneer hulle dag na dag vra:“Waar is jou God?”

12. Hoekom is ek nou so mismoedig?Hoekom so hewig ontsteld?Nee, ek plaas my hoop op God!Ek sal Hom weer prys.Hy is my redder en my God!

Lees volledige hoofstuk Psalms 42