Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 42:5-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. As ek nadink hoe dit voorheen was,is ek ontsteld.Toe het ek geloopsaam met die aanbiddersen ’n optog geleina die tempel van Godterwyl ek sing en jubelsaam met die skare wat feesvier.

6. Hoekom is ek nou so mismoedig?Hoekom so hewig ontsteld?Nee, ek plaas my hoop op God!Ek sal Hom weer prys.Hy is my redder

7. en my God!Tog is ek nou terneergedruk.Ek onthou hoe,vanaf die Jordaangebied,vanaf die berge van Hermonen die hoogte van Miskar,

8. die rumoer van u watervalledruis en dreun.So het al u strome en golweook oor my gegaan.

9. Tog sal die Here bedagsweer sy trou betoon.Selfs in die donker nag sing ek sy lied,’n gebed tot die God van my lewe.

10. Ek sal roep tot God en sê:“My Rots,waarom het U my vergeet?Waarom moet ek met rouklere loopomdat die vyand my verdruk?”

11. Dis soos ’n diep wond in my binnestewanneer vyande met my spot,wanneer hulle dag na dag vra:“Waar is jou God?”

12. Hoekom is ek nou so mismoedig?Hoekom so hewig ontsteld?Nee, ek plaas my hoop op God!Ek sal Hom weer prys.Hy is my redder en my God!

Lees volledige hoofstuk Psalms 42