Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 41:4-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Die Here sorg vir hom as hy siek isen laat hom opstaan uit sy siekbed.

5. Ek het gesê:“Here, wees my genadig.Maak my gesond,want ek het teen U gesondig.”

6. My vyande praat kwaad van my.Hulle sê: “Wanneer sal hy sterfen vergete wees?”

7. As hulle my besoek, is hulle skynheilig:In hulle harte versamel hulle slegte gedagtes;dan gaan hulle uit en vertel dit.

8. Almal wat my haat,fluister saam oor myen beplan net die ergste vir my:

9. “’n Dodelike siekte het hom getref.Waar hy nou lê,sal hy nooit opstaan nie!”

10. My beste vriend wat ek vertrou het,wat saam met my geëet het,selfs hy het sy rug op my gedraai.

11. Here, wees my genadig.Maak my weer gesondsodat ek hulle kan vergeld!

12. Ek weet dat U my liefhet,want my vyand seëvier nie oor my nie.

13. U hou my staandeomdat ek onskuldig is.U laat my altyd naby U bly.

Lees volledige hoofstuk Psalms 41