Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Toe sê ek: “Kyk, ek kom!In die boekrol is dit oor my geskryf.

9. Dis my begeerte om u wil te doen,my God,want u voorskrifte is in my hart.”

10. Ek het in die groot vergaderinggeregtigheid verkondig.Ek was nie bang om reguit te praat nie.Here, U weet dit tog.

11. U geregtigheidhet ek nie vir myself gehou nie;ek het vertel van u trouen van u reddende mag.In die groot vergaderinghet ek nie geswygoor u goedheid en getrouheid nie.

12. Here, moenie u ontfermingvan my weghou nie.Laat u liefde en trou my altyd beskerm.

13. Want rampe het my oorval.Daar is moeilikhede rondom my,dis te veel om te tel!My sondes het my ingehaal;ek kan dit nie ontsnap nie.Hulle is meer as die hare op my kop.Ek het alle moed verloor.

14. Asseblief, Here, red my tog!Kom gou, Here, en help my!

15. Laat almal wat my lewe wil neem,in skande kom en verneder word.Laat hulle wat my ondergang begeer,vlug en beskaamd staan.

16. Laat hulle verbysterd weesoor hulle skande,hulle wat sê:“Aha! Ons hét hom!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 40