Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:10-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Ek het in die groot vergaderinggeregtigheid verkondig.Ek was nie bang om reguit te praat nie.Here, U weet dit tog.

11. U geregtigheidhet ek nie vir myself gehou nie;ek het vertel van u trouen van u reddende mag.In die groot vergaderinghet ek nie geswygoor u goedheid en getrouheid nie.

12. Here, moenie u ontfermingvan my weghou nie.Laat u liefde en trou my altyd beskerm.

13. Want rampe het my oorval.Daar is moeilikhede rondom my,dis te veel om te tel!My sondes het my ingehaal;ek kan dit nie ontsnap nie.Hulle is meer as die hare op my kop.Ek het alle moed verloor.

14. Asseblief, Here, red my tog!Kom gou, Here, en help my!

15. Laat almal wat my lewe wil neem,in skande kom en verneder word.Laat hulle wat my ondergang begeer,vlug en beskaamd staan.

16. Laat hulle verbysterd weesoor hulle skande,hulle wat sê:“Aha! Ons hét hom!”

17. Maar mag almal wat U dien,vol vreugde en blydskap wees.Mag hulle wat by U hulp soek,voortdurend sê:“Die Here is groot!”

18. Ek is arm en behoeftig,maar die Here dink aan my.U is my hulp en my redder.My God, moet tog nie uitstel nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 40