Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:4-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Wees bly in die Here,en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee.

5. Vertrou jou lewe toe aan die Here.Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.

6. Hy sal jou onskuld laat deurbreeksoos die lig,en die regverdigheid van jou saaksoos die middagson.

7. Wees stil in die Here,en wag geduldig op Hom.Moenie die mens benywat op sý manier floreer,of jou verkniesoor sy bose planne nie.

8. Moenie kwaad word nie;laat staan liewer jou woede.Moenie ander beny nie;dit lei net tot jou nadeel.

9. Want die bose mensesal vernietig word,maar dié wat op die Here vertrou, sal die land besit.

10. Binnekort sal die boosdoenersnie meer daar wees nie;al soek jy na hulle, sal jy hulle nie kry nie.

11. Maar sagmoediges sal die land besit,hulle sal oorvloedige vrede geniet.

12. Die goddelose sweer saamteen die regverdigesen kners op die tande vir hulle.

13. Maar die Here lag vir hom,want Hy sien sy dag van oordeelkom al nader.

14. Die goddelose trek die swaarden span die boogom die armes en behoeftigestot ’n val te bring,om hulle wat reg doen,dood te maak.

15. Maar hulle swaardsal hulle eie hart deurbooren hulle boogsal stukkend gebreek word.

16. Dit is beter om vroom te weesen min te besitas om boos te weesen baie besittings te hê.

17. Want die mag van die bosesal verpletter word,maar die Heresal die regverdiges beskerm.

18. Die Here ken die lewensdaevan die opregtes,en hulle erfdeelsal vir altyd bly bestaan.

19. In slegte tyesal hulle nie verleë wees nie;selfs in hongersnoodsal hulle genoeg hê.

20. Maar die goddelose sal vergaan.Die vyande van die Here sal wees soos mooi weiveldewat soos rook verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37