Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moenie jou vererg oor boosdoeners nie.Moenie die kwaaddoeners beny nie.

2. Want soos gras verlep hulle gou.Soos plante verdroog hulle vinnig.

3. Vertrou op die Hereen doen wat goed is.Woon in die landen geniet veiligheid.

4. Wees bly in die Here,en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee.

5. Vertrou jou lewe toe aan die Here.Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.

6. Hy sal jou onskuld laat deurbreeksoos die lig,en die regverdigheid van jou saaksoos die middagson.

7. Wees stil in die Here,en wag geduldig op Hom.Moenie die mens benywat op sý manier floreer,of jou verkniesoor sy bose planne nie.

8. Moenie kwaad word nie;laat staan liewer jou woede.Moenie ander beny nie;dit lei net tot jou nadeel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37