Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 36:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Die goddelose se opstand kom uit sy hart.Hy het nie ontsag vir God nie.

3. In sy blinde verwaandheidsien hy nie sy sondeom dit te haat nie.

4. Alles wat hy sê, is sondig en vals.Hy is nie verstandig nieen doen nie die goeie nie.

5. Hy beplan kwaad wanneer hy gaan lê.Hy kies ’n pad wat nie goed is nieen verwerp nie die kwaad nie.

6. Here, u goedheidis eindeloos soos die heelal;u trou tot by die wolke.

7. U regverdigheid is soos die hoogste berge,u oordeel soos die diepste waters.U sorg vir mense en diere, Here.

8. Hoe kosbaar is u trou, o God!Die hele mensdom vind skuilingin die skadu van u vleuels.

9. U voed hulleuit die oorvloed van u huis,en laat hulle drinkuit strome van vreugde.

10. Want by U is die fontein van die lewe,in u lig sien ons die lig.

11. Laat u goedheid bly by dié wat U erkenen u regverdigheidby dié wat opreg is.

12. Moenie dat die hoogmoediges my vertrap nie.Moenie dat die goddeloses my wegdryf nie.

13. Die kwaaddoeners valdaar waar hulle is,hulle word neergegooien kan nooit weer opstaan nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 36