Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Maar toe hulle siek was,het ek van droefheid rouklere gedra.Ek het myself verneder deur te vas,maar my gebede het teruggekomsonder ’n antwoord.

14. Soos ’n vriend of ’n broerhet ek opgetree,soos een wat treur oor sy moeder,geboë en in rou.

15. Maar nou is hulle blywanneer ek struikel.Hulle kom bymekaar,en lasteraars span saam teen my.Dié wat ek nie eers ken nie,trek my uitmekaar sonder ophou.

16. Toe ek gestruikel het,het hulle my gespot,teen my hulle tande gekners.

17. Hoe lank, Here,sal U net toekyk?Red my van hulle vernietiging,beskerm my van hulle wat my lewesoos leeus bedreig.

18. Dan sal ek U dankin die groot vergadering;ek sal U prysvoor die groot skare van mense.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35