Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:7-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hy stel grense vir die see,in die diepwatersversamel Hy hulle.

8. Laat elkeen op die aardedie Here dien.Laat die inwoners van die wêreldontsag hê vir Hom.

9. Want Hy het gepraat, en dit was daar;Hy het beveel, en dit was so.

10. Die Here verydeldie beraadslaging van die nasiesen dwarsboom die planne van mense.

11. Maar die Here se plannestaan vir altyd vas;sy beplanning geld vir geslag na geslag.

12. Geseënd is die nasiewie se God die Here is,die volk wat Hyvir Homself as sy eiendom gekies het.

13. Die Here kyk vanuit die hemelen sien die hele mensdom.

14. Vanaf sy woningsien Hy al die bewoners op die aarde.

15. Omdat Hy hulle harte gemaak het,verstaan Hy alles wat hulle doen.

16. ’n Koning word nie gereddeur ’n groot leër nie,ook nie ’n krygsmandeur groot krag nie.

17. Dis valse hoop dat’n oorlogsperd veiligheid verseker,en deur groot krag redding bring.

18. Maar die Here waakoor dié wat Hom dien,oor hulle wat hoopop sy troue liefde

19. om hulle te red van die dooden hulle in hongersnoodaan die lewe te hou.

20. Ons vertrou op die Hereom ons te red.Hy is ons hulp en beskerm onssoos ’n skild.

21. In Hom is ons harte verheug,want ons vertrouop sy heilige Naam.

22. Laat u troue liefde ons oordek,Here,want ons hoop op U alleen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33