Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Jubel, regverdiges, oor die Here!Dit pas opregtes om Hom te loof.

2. Prys die Here met die lier;met musiek op die tiensnareharp.

3. Sing vir Hom ’n nuwe lied,speel met vaardigheid en jubel.

4. Want die woord van die Hereis waarheid,en alles wat Hy doen,staan vas.

5. Hy het regverdigheid en reg lief,en sy troue liefde vul die aarde.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33