Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Toe ek oor my sonde stilgebly het,het my liggaam gekwyn van ellende,het ek die hele dag lank gekreun.

4. Dag en nag was u hand swaar op my.My krag het verdwynsoos water in somerhitte. Sela

5. Maar ek het my oortredings bely,my sonde nie weggesteek nie.Ek het gesê:“Ek bely my opstand teen die Here.”En my sonde en oortredingshet U vergewe. Sela

6. Daarom moet al die vromes U aanbidin tye van nood.Die groot vloedwaterssal dié mens beslis nieoorval nie.

7. U is vir my ’n skuilplek.U beskerm my van teëspoed.U omring my met liederevan redding. Sela

8. Die Here sê:“Ek sal jou onderrigen die pad wys waarop jy moet gaan.Ek sal vir jou raad gee,my oog sal op jou wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 32