Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:8-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Ek wil juig en bly weesoor u troue liefde,want U het my ellende gesien,U weet van al my benoudhede.

9. U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie,maar my ’n veilige staanplek gegee.

10. Here, wees my genadig,want ek is in nood.My trane verdof my oë.My siel en liggaam kwyn weg.

11. Ek sterf van verdriet;droefheid verkort my lewe.Ellende het my kragte uitgeput;ek kwyn weg van binne af.

12. Al my vyande het my geminag,my bure het my verag,vir vriende was ek ’n verskrikking.Op straat draai hulle weg van my.

13. Ek word vergeet asof ek dood is,soos ’n ding wat vergaan.

14. Ek hoor baie fluisteringe oor my,en daar is angs van alle kante.My vyande span saam teen my;hulle maak planne om my dood te maak.

15. Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: “U is my God!”

16. My toekoms is in u hande.Red my van vyande en vervolgers.

17. Laat u guns oor u dienaar skyn,red my deur u troue liefde.

18. Moenie dat ek in skande kom nie, Here,want ek roep tot U om hulp.Laat die goddeloses in die skande kom,en in stilte neerdaal in die graf.

19. Laat die leuenaars stilgemaak word,dié wat vol hoogmoed en veragtingteen regverdiges praat.

20. Hoe groot is die goedheidwat U weggebêre hetvir hulle wat U dien,wat U voor die oë van die mense geeaan hulle wat op U vertrou.

21. U verberg hulle veiligin u teenwoordigheidteen komplotte van mense.U bedek hulle in u skuilplek,veilig van dié wat hulle beskuldig.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31