Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:2-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Here, ek kom na U vir beskerming;moenie dat ek beskaamd staan nie.Red my, want U is regverdig.

3. Luister tog na my en red my gou.Wees vir my ’n rots van veiligheid,’n vesting waarheen ek kan vlug.

4. U is my rots en my vesting.Lei my, wees vir my ’n gidster wille van u Naam.

5. Bevry my uit die vangnet wat hulle vir my gestel het,want U is my sterkte.

6. In u hande gee ek my lewe oor.U het my verlos, Here, troue God.

7. Ek haat dié wat nikswerd afgode dien.My vertroue is op die Here.

8. Ek wil juig en bly weesoor u troue liefde,want U het my ellende gesien,U weet van al my benoudhede.

9. U het my nie oorgegee in die mag van vyande nie,maar my ’n veilige staanplek gegee.

10. Here, wees my genadig,want ek is in nood.My trane verdof my oë.My siel en liggaam kwyn weg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31