Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31:12-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Al my vyande het my geminag,my bure het my verag,vir vriende was ek ’n verskrikking.Op straat draai hulle weg van my.

13. Ek word vergeet asof ek dood is,soos ’n ding wat vergaan.

14. Ek hoor baie fluisteringe oor my,en daar is angs van alle kante.My vyande span saam teen my;hulle maak planne om my dood te maak.

15. Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: “U is my God!”

16. My toekoms is in u hande.Red my van vyande en vervolgers.

17. Laat u guns oor u dienaar skyn,red my deur u troue liefde.

18. Moenie dat ek in skande kom nie, Here,want ek roep tot U om hulp.Laat die goddeloses in die skande kom,en in stilte neerdaal in die graf.

19. Laat die leuenaars stilgemaak word,dié wat vol hoogmoed en veragtingteen regverdiges praat.

20. Hoe groot is die goedheidwat U weggebêre hetvir hulle wat U dien,wat U voor die oë van die mense geeaan hulle wat op U vertrou.

21. U verberg hulle veiligin u teenwoordigheidteen komplotte van mense.U bedek hulle in u skuilplek,veilig van dié wat hulle beskuldig.

22. Prys die Here,want Hy het sy troue liefdeaan my bewys toe ek in nood was,soos in ’n beleërde stad.

23. Toe ek bang was, het ek geroep:“Ek is afgesny van die Here!”Maar U het na my gebede geluistertoe ek na U om hulp geroep het.

24. Getroues, julle moet die Here liefhê!Hy beskerm almal wat getrou is,maar verwaandes straf Hy swaar.

25. Daarom, wees sterk en vol moed,almal wat op die Here vertrou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 31