Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 30:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Toe ek voorspoedig was, het ek gesê:“Niks sal my ooit beweeg nie!”

8. U goedheid, Here,was vir my soos ’n stewige berg.Maar toe U van my af wegdraai,was ek verskrik.

9. Ek het na U geroep, Here.Ek het by U, Here, gepleit om genade:

10. “Wat sal dit U baat as ek sterf,as ek wegsak in die graf?Kan my stof U loofin die doderyk?Kan my stof u trou daar verkondig?

11. Luister, Here,en wees my genadig.Help my tog, Here!”

12. U het my droefheid verander in ’n dans van vreugde.U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.

13. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie.Here my God, ek sal U dank vir altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 30