Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 30:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek sal u lof verkondig, Here,want U het my gered.U het my vyande verhinderom bly te wees oor my.

3. Here my God,ek het na U geroep om hulpen U het my gesond gemaak.

4. Here,U het my gered van die doderyk,U het verhoeddat ek saam met ander wegsak in die graf.

5. Sing tot eer van die Here,julle wat getrou is!Loof sy heilige Naam.

6. Sy toorn duur net ’n oomblik,maar sy genade is lewenslank!In die nag vloei die trane,maar in die oggend is daar vreugde.

7. Toe ek voorspoedig was, het ek gesê:“Niks sal my ooit beweeg nie!”

8. U goedheid, Here,was vir my soos ’n stewige berg.Maar toe U van my af wegdraai,was ek verskrik.

Lees volledige hoofstuk Psalms 30