Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:5-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die stem van die Herebreek seders.Die Here versplinterdie seders van die Libanon.

6. Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalfen die Sirjon soos ’n jong bees.

7. Die stem van die Heretref met weerligstrale.

8. Die stem van die Herelaat die woestyn bewe.Die Herelaat die Kadeswoestyn bewe.

9. Die stem van die Herelaat die ooie lamen stroop die bosse kaal.In sy tempel sê almal: “Heerlikheid!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 29