Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Vereer die Here,julle hemelwesens!Vereer die Herevir sy grootheid en krag!

2. Verheerlik die Hereoor die heerlikheid van sy Naam!Dien die Herein die grootsheid van sy heiligheid.

3. Die stem van die Hereweerklink oor die waters.Die God van heerlikheid donder.Die Hereis op die magtige waters.

4. Die stem van die Hereis magtig.Die stem van die Hereis vol majesteit.

5. Die stem van die Herebreek seders.Die Here versplinterdie seders van die Libanon.

6. Hy laat die Libanon bokspring soos ’n kalfen die Sirjon soos ’n jong bees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 29