Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 27:9-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Moenie U vir my verberg nie,of u dienaar in toorn verwerp nie.U was nog altyd my helper.Moenie my nou verlaat nie;moenie my in die steek laat nie,God van my verlossing!

10. Selfs al sou my pa en ma my verlaat,die Here sal my styf vashou.

11. Leer my hoe om te lewe, Here.Lei my op ’n gelyke pad,want my vyande wag my in.

12. Moenie my oorgeein die hande van my vyande nie.Hulle bring vals getuies teen myen hulle blaas geweld aan teen my.

13. Tog is ek daarvan oortuig:Die Here se goedheid sal ek sienhier in die land van die lewendes.

14. Vertrou op die Here!Wees sterk en skep moed!Ja, vertrou op die Here!

Lees volledige hoofstuk Psalms 27